fbpx

Stroomop Film op die Oranje Rivier

Stroomop Film op die Oranje Rivier

SA Forest Adventures was bevoorreg om vir die gewilde akteurs-paartjie, Ivan Botha en Donnalee Roberts aan ons unieke Oranje Rivier Roei roete en landskap voor te stel. Met hul eerste besoek aan ons beeldskone Oranje Rivier gedeelte naby Onspeekans was hulle net soos ons, met die eerste oogopslag verlief en kon met opgewondenheid deel dat die Stroomop film op die Oranje rivier sy “huis” gevind het.

 

Die SA Forest Adventure Oranje Rivier roei roete bestaan hoofsaaklik uit 4 dae en 3 nagte. Elke dag ervaar jy nuwe asemrowende landskappe soos jy roei deur die rustigheid van die natuur. Na `n dag se roei slaan ons kamp op en geniet `n gesellige atmosfeer met `n kampvuur en heerlike kos. Daar is ook swem en visvang geleentheid. Na `n beeldskone sonsondergang kan jy gereed maak vir die helderste sterre wag en melkweg van die Kalahari, `n absolute fees vir die oë.

 

As deel van jul bespreking besoek ons die unieke agter die skerms plekke waar die Stroomop verfilming gebeur het. Ervaar die avontuur,adrenalien en natuur soos die akteurs in jou eie persoonlike hoedanigheid. SA Forest Adventures is trots om deel te wees van die hele rivier verfilming van Stroomop Film en daarom lê dit ons na aan die hart om hierdie besonderse unieke ervaring persoonlik met elke besoeker op die Oranje Rivier te deel.  Dis absoluut `n belewenis om ons gedeelte van die Oranje Rivier aan te pak, propvol avontuur en `n “once in a lifetime experience”, nie iets wat maklik in woorde opgesom word nie, kom beleef dit self.

 

Ons bied graag n spesiale geleentheid vir alle Stroomop kykers en enige belangstellende families. Ervaar die unieke Oranje Rivier persoonlik.

Comments are closed.

WhatsApp chat