Stroomop

SA Forest Adventures was bevoorreg om vir die gewilde akteurs-paartjie, Ivan Botha en Donnalee Roberts aan ons unieke Oranje Rivier Roei roete en landskap voor te stel. Met hul eerste besoek aan ons beeldskone Oranje Rivier gedeelte naby Onspeekans was hulle net soos ons, met die eerste oogopslag verlief en kon met opgewondenheid deel dat die Stroomop film sy “huis” gevind het.

Die Stroomop verfilming in hierdie afgeleë area, sonder enige elektrisiteit, behuising, badkamer geriewe of jou gewone “stad” bederfies het natuurlik sy eie uitdagings.

Meer oor die “Stroomop” roete:

Die SA Forest Adventure Oranje Rivier roei roete bestaan hoofsaaklik uit 4 dae en 3 nagte. Elke dag ervaar jy nuwe asemrowende landskappe soos jy roei deur die rustigheid van die natuur. Na `n dag se roei slaan ons kamp op en geniet `n gesellige atmosfeer met `n kampvuur en heerlike kos. Daar is ook swem en visvang geleentheid. Na `n beeldskone sonsondergang kan jy gereed maak vir die helderste sterre wag en melkweg van die Kalahari, `n absolute fees vir die oë.

 

 

 

Dag 1:

Ons begin naby die grenspos van Onseepkans. Hier pak ons almal se bote en ons leer mekaar ken. Die SA Forest Adventure Rivier gidse gaan deur die veiligheids prosedures en verduidelik al die “moet’s en moenie’s”. Op dag een leer ons almal basies die tegniek hoe om te roei en ons pak ‘n roete van +/-7km aan na ons kamp plek vir die aand, langs die oewer van die magtige Oranje Rivier.  Ons kamp plek hier is onder `n paar bome en langs `n gedeelte van die rivier, waar `n groot klip bank vir die kinders `n geleentheid bied om veilig te swem in vlak water, onder die wakende oë van hul ouers wat rustig ontspan op die oewer.

 

 

Dag 2:

Soos jy ontwaak deur verskeie deuntjies van voëltjies wat sing en die rustige vloei van water in die agtergrond wag `n lekker koppie koffie en ontbyt om energie te werf vir die dag wat voorlê. Na ontbyt pak ons op en laai die bote. Van hier af beweeg ons weg van enige samelewing af.  Die oop wye Oranje Rivier raak ook nouer en later die dag baie nouer, met kranse wat tot honderd meters bo ons uitstyg. Tydens dag twee is daar ook 3 tot 5 “rapids” wat ons aanpak, hulle is gemaklik en vreeslik baie pret, net genoeg om daardie adrenalien vlakke te prikkel.  Teen laat middag bereik ons die Oranje Rivier Watervalle. Dit is volgens ons, die mees asemrowendste gedeelte van die hele 2200Km rivier. Bitter min mense kry geleentheid om die valle te besoek aangesien toegang net moontlik is deur daarna  te roei of deur `n 50km stap roete. Die valle bied ook fantastiese visvang geleentheid. Hierdie aand slaap ons op die rots bank vêr bo die rivier naby die watervalle.  Dit is ook die hoogste punt vir `n besonderse sterre kyk. Aangesien geen lug besoedeling hier naby plaasvind nie.

 

Dag 3:

Nuwe dag en nuwe roete met sy eie mooi lê voor. Na `n heerlike kamp ontbyt pak ons op en sak al die toerusting en bote sowat 30 tot 40 meter in die kranse af na die rivier onder. Tydens dit neem een van ons rivier gidse almal vir `n rustige stappie na die watervalle. Na die stap, loop almal met die kranse af tot by die rivier en ons klim op ons bote. Ons roei eerste `n paar meter op, tot aan die einde van die valle om vir almal laastens perspektief te gee oor hoe onbeskryflik mooi en uniek die area is. Net sowat 500 meter later kom ons by die wêreld bekende “Big Bunny rapid”. Dit is `n goeie klas 3/4 rapid wat bietjie meer uitdagend is. Ons besluit dan wie, en hoe ons hom gaan roei. Daar is gelukkig uitweg vir die wat besluit om hom nie te roei nie, met `n gemaklike stap langs die oewer.

Dit is `n veilige opsie vir mense wat onseker is oor hulle bekwaamheid om vinnig `n situasie te hanteer.  Die res van die dag roei ons rustig deur die kranse en die rivier maak weer wyd oop tot waar ons die aand kamp langs die oewer. Hier is die ideale geleentheid vir visvang en ook om mense wat nog nooit vis gevang het nie, bloot te stel daaraan. Ons het tot dusvêr met elke besoek hier baie vis gekry en selfs kinders so jonk soos 4 het al lekker vis hier uitgetrek.

Dag 4

Laaste oggend van wakker word in `n tent met die gesing van voëltjies en die reuk van kamp vuur terwyl `n pot koffie prut. Na ontbyt pak ons die bote, dis gewoontlik die dag wat almal erken hulle het hopeloos te veel gepak vir die Oranje Rivier roei. Die laaste dag is `n gemaklike en rustige roei na die eindpunt. Hierdie is ons laaste kans om die beeldskone landskap en natuur-prag in te neem. Afhangende van hoe sterk die rivier vloei behoort ons die eindpunt te bereik teen +-12H00.

 

 

Tenslotte:

Die SA Forest Adventures span roei `n besonderse gedeelte van die Oranje Rivier al vir jare, maar is elke keer net so verlief soos die eerste keer wat ons hier begin roei het, ons het geen twyfel dat jy gaan saam stem na jou eie persoonlike ervaring nie. Maaltye, veral oggend en aand etes is vir ons en ons gaste belangrik en daarom is ons ook bekend vir ons lekker rivier etes.

 

As deel van jul bespreking besoek ons die unieke agter die skerms plekke waar die Stroomop verfilming gebeur het. Ervaar die avontuur,adrenalien en natuur soos die akteurs in jou eie persoonlike hoedanigheid. SA Forest Adventures is trots om deel te wees van die hele rivier verfilming van Stroomop Film en daarom lê dit ons na aan die hart om hierdie besonderse unieke ervaring persoonlik met elke besoeker op die Oranje Rivier te deel.  Dis absoluut `n belewenis om ons gedeelte van die Oranje Rivier aan te pak, propvol avontuur en `n “once in a lifetime experience”, nie iets wat maklik in woorde opgesom word nie, kom beleef dit self.

Met navra meld asb dat jul die “stroomop” agter die skerms roei wil bespreek  – vir bespreekings stuur epos na – clinton@saforestadventures.co.za